Manie Jackson on Pasella

PasellaTV
PasellaTV
4 هزار بار بازدید - 13 سال پیش - Manie Jackson het in 2011
Manie Jackson het in 2011 die SAMA vir die Beste Countrymusiek-album gewen en Charlene kon nie anders as om te gaan luister by die Gautengse Barnyard in Vereniging nie.

Op 17 het Manie die eerste keer op die verhoog verskyn met 'n talentkompetisie in Johannesburg en net 'n jaar later in 1998 was sy debuut-CD, Wie sal Weet? uit.

Hy is in Pretoria gebore en het in Wolmaransstad skoolgegaan. Sy skryftalent het toe al gewys met gedigte en atletiekliedjies wat uit sy pen gekom het. Deesdae woon hy in Vereniging en Charlene gaan braai saam met hom en van sy vriende daar.

Manie is 'n ywerige Bles Bridges-fan en hy wys vir Charlene se uitgebreide versameling van Bles-goete. Hy is lief vir Boerekos en sy dogter, Iloné. Hy haat padvarke, dieremishandeling en sangers wat "mime".

Kry hom vanjaar by die Kreeffees in Lambertsbaai, Cultivaria in die Paarl of Innibos in Nelspruit.
13 سال پیش در تاریخ 1390/12/19 منتشر شده است.
4,006 بـار بازدید شده
... بیشتر