Die Rebellie van 1914

Gerald Fourie
Gerald Fourie
6.1 هزار بار بازدید - 10 سال پیش - Beknopte oorsig van gebeure tydens
Beknopte oorsig van gebeure tydens die Rebellie van 1914 in Suid Afrika. Weerstand onder Boere Afrikaners teen deelname aan die Eerste Wêreld Oorlog aan die kant van hul vyand van slegs twaalf jaar vantevore, naamlik Brittanje, en dit teen 'n goedgesinde staat, was algemeen. Die verradderlike verbreking deur Jan Smuts en Louis Botha van 'n geswore belofte tydens Vredesluiting by Vereeniging op 31 Mei 1902 dat die volk se vryheid by die eerste geleentheid herwin sou word, was die direkte oorsaak van die Rebellie.                                                                               "Ek kan nie insien waarom ons jong Afrikaners vir Engeland se eer moet veg nie. Wanneer ons die moord van Slagtersnek nagaan... en wanneer ek dink aan die 30 000 vroue en kinders wat vermoor is, sien ek nie waarom ek Engeland moet help om sy eer omhoog te hou nie." - Kommandant Jopie Fourie.  Fourie is in die omgewing van Rustenburg gevange geneem op 16 Desember 1914, het voor ’n krygshof verskyn en is op 20 Desember tereggestel. Hy is die enigste deelnemer aan die Rebellie wat op hierdie wyse die hoogste prys betaal het. Volgens die Volkstem van 21 Desember 1914 het Generaal Smuts geweier om verskeie petisies vir begenadiging te ontvang voor eers ná die teregstelling. Fourie se teregstelling volg kort op die tragiese dood van genl. De la Rey op 15 September 1914 en die verdrinking van genl. Beyers in die Vaalrivier op 8 Desember 1914. Verder het 'n kommando van seshonderd man onder bevel van generaal Kemp Duits Suidwes-Afrika bereik ten spyte van hewige agtervolging deur 'n oormag regeringstroepe onder bevel van Louis Botha, voormalige Boeregeneraal onder aanstigting van Jan Smuts. Hulle sluit deur bemiddeling van generaal Manie Maritz 'n Nie-Aanvalsverdrag met Duitsland namens Republikeinsgesinde Boere Afrikaners.
10 سال پیش در تاریخ 1393/06/06 منتشر شده است.
6,165 بـار بازدید شده
... بیشتر